Redakteursnota: ons kleurskakering en die ou vlag

cropped-vierde-versie-wordpress.png
Ons ou kleurskakering slegs met die kleure van die ou Suid-Afrikaanse vlag.
cropped-volgende-versie-achtergrond.png
Ons nuwe kleurskakering met die Tafelberg agter Bo-Kaapse huise en die Afrikaanse Taalmonument.

Die Afrikaanse opinieplatform het die laaste dae enige kritiek gekry op die kleurskakering van die hoofprentjie. Dit was met baie blou, ‘n groot oranje rand en baie wit teks. Sommige van ons lesers het verbande tussen die kleurskakering en die ou Suid-Afrikaanse vlag gesien. Omdat ons ‘n oop platform vir alle Afrikaanssprekendes wil wees, wil ons duidelik sê ons het nie die intensie om die ou Suid-Afrika te verteenwoordig nie. Ons hoofdoelstelling, om ‘n oop platform vir álle Afrikaanssprekendes te wees, is immers reeds in stryd met die prinsipes van apartheid.

Ek, as hoofredakteur, is jammer as sommige lesers deur ons kleurskakering seer gemaak is.

Ons het dan nou wel ons kleurskakering verander, maar ons het seker nie ons kleure verander nie. Oranje, wit en blou is steeds verteenwoordig in ons nuwe hoofprentjie. Ook die hoofprentjies op Facebook- en Twitterblad is reeds verander. Ons het maar net meer kleure ingevoeg, sodat enigiemand sal kan inpas. Ons as platformredaksie wil onafhanklik wees.

Almal kan sien hoe die nuwe hoofprenjtie nou lyk. Die Tafelberg is groot verteenwoordig, met daarvoor die gekleurde huisies van die Bo-Kaap. Verder speel die Afrikaanse taalmonument ‘n belangrike rol. Afrikaans is immers die medium waarmee ons op hierdie platform kommunikeer.

Ek voel nou reeds die vraag opkom. Is hierdie wysiging van ons kleurskakering sensuur? Nee. Enigiemand moet hom tuis kan voel op ons webwerf. Dit is immers nie ons kleurskakerings wat belangrik is, maar die verskillende menings op ons webwerf! Maar daarvoor moet die infrastruktuur – die webwerf – ‘n sekere mate van onafhanklikheid uitstraal.

EN NEE, MENINGS SAL NOOIT GESENSUREER WORD NIE!

Enige opinie is welkom. Van uiters regs tot vééééér links. Van individualisties tot kommunisties. Dit is ons lesers wat maar met mekaar kan gaan stry.

Advertisements

3 comments

  1. Ek dink nie die platform moet ongeskikte mense toelaat nie. Dis al wat ek vra. Persoonlike beledigings moet gesensor word. Ongepaste vloekwoorde ook. Slegs wanneer vloekwoorde binne beplaade konteks (vredeliewende konteks) gebruik word, moet dit verdra word.

    Wat die ou vlag en die ‘ou’ Suid-Afrika betref, ek is trots op baie dinge van die ou Suid-Afrika en ek is negatief oor baie dinge van die ou Suid-Afrika. Net so is ek trots op baie dinge van die ‘nuwe’ Suid-Afrika sowel as negatief oor baie dinge van die ‘nuwe’ Suid-Afrika.

    Ek hoop van harte dat hierdie platform WAARLIK sal dien as ‘n plek waar uiteenlopende mense idees sal kan deel. Waar ons mekaar kan verryk. Ek hoop dat die Afrikaanse Opinieplatform van krag tot krag sal gaan en dat dit die bande tussen Nederland en Suid-Afrika sal bevorder, en bowenal ons wonderlike taal (tale?) sal dien!

    • Waar is jou kommentaar uitgevee? Ek het gesien ‘n stuk is verwyder omdat die redakteur gevoel het dit oorskry die kopiereg!

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s