Laat voormalige NP-onderhandelaars hul sê sê!

FW de Klerk en Mandela ontmoet mekaar tydens die Wêreld-Ekonomiese Forum in 1992 (Foto: Wikimedia Commons).

Laasweek het die oudminister van buitelandse sake, Pik Botha, gesê “die huidige toepassing van regstellende aksie was nie die bedoeling van die ooreenkoms wat in 1994 tussen spesifiek die toenmalige regerende party, die NP, en die ANC bereik is nie.” (Maroela Media) Sy woorde was nog nie uitgespreek nie, of die (ver)regse kamp het alweer moord en brand geskree dat oudminister Botha medeverantwoordelik is vir die huidige situasie in Suid-Afrika en daarom geen reg het om te praat nie.

Die mense wat hierdie mening het, is dikwels teleurgesteld in die oudaagse politieke leiers en boos op die huidige ANC. Dit lyk of hierdie mense nooit die ANC se mag oor Suid-Afrika aanvaar het nie, omdat hulle die skuld van wat aangaan in Suid-Afrika by die oudaagse politieke leiers lê. Terme soos “meelopers”, “verraaiiers” en “julle het die land weggegee” is nog netjies. Maar sommige ander kommentare ruk behoorlik handuit.

Korrek beskou het die destydse NP-regering ’n redelik goeie resultaat uit die onderhandelings gesleep. Die resultaat is die grondwet. Dalk was dit nie die beste resultaat nie, omdat ’n grondwet veranderbaar is. Die grondwet was eintlik nie ’n skikking nie. Dit was bloot ’n nuwe grondwet, nes die grondwette uit 1961 en 1983. Die periode 1990-1994 was nie ’n revolusie nie. Dit was eintlik maar net ’n tyd waarin die grondwet herskryf is. Maar dit is ’n feit dat die Suid-Afrikaanse grondwet een van die beste in die wêreld is.

Die moontlikheid om die grondwet op alle punte te kan verander, is dalk die grondwet se swakste punt. Selfs die belangrikste artikel van die grondwet, wat diskriminasie op grond van ras verbied, is onderhandelbaar. Waar die gewone grondwet met ‘n 66%-meerderheid verander kan word, kan die anti-diskriminasieartikel met ’n meerderheid van 80% omver gewerp word. Die grondwet is dus onderhewig aan die demokrasie, soos behoort en daarom kan dit geen skikking wees nie. Dan moes KODESA vir ’n ewige edik gekies het, soos die Afrikaner se voorouers dikwels gedoen het. Vervolgens sou hulle die grondwet op die ewige edik gebou kon het. ‘n Onverandelike ewige edik sou rassisme (en ook regstellende aksie) vir ewig kon verbied.

’n Mens kan die laaste NP-regering en sy onderhandelaars verantwoordelik hou vir hierdie foute. Die redenering dat die outydse NP medeverantwoordelik is vir slegte dienslewering, korrupsie en die erge misdaaad in die huidige Suid-Afrika is egter belaglik.

Die voormalige minsters van die NP-regerings het, nes die van vorige ANC-regerings, geen gesag oor wat tans aangaan nie. Hul tydperk as minister is lankal verby. Voormalige ministers se woorde kan net gesag dra as hul praat oor sake waar hulle persoonlik by betrokke was in hul ministersloopbaan. Voormalige ministers se opinies oor ander sake – waar hulle nooit by betrokke was nie – is nie belangriker as enige burger se opinie nie.

Dus as byvoorbeeld voormalig Staatspresident Vorster enigiets oor die huidige ANC-beleid met betrekking tot die onderhandelde grondwet wil sê, sou dit min betekenis hê. Hy was immers nie in diens toe die onderhandelings oor die 1993/6-grondwet plaasgevind het nie.

Maar as een van die onderhandelaars sê die ander party skend die ooreenkoms? Sowel Pik Botha as F.W. de Klerk het hul sorge geuit. Pik Botha laasweek op ’n Solidariteitkongres en in ’n boek van dr. Dirk Hermann en F.W. de Klerk reeds in 2010 in fel bewoordings in die (voormalige) Nederlandse koerant DE PERS.

Dit maak saak as hulle sê die ANC het die ooreenkoms gebreek. (Internasionale) media, wat tydens die onderhandelings die nuus gebreek het, moes dit nou weer doen. Maar dit het nie gebeur nie…

Maar wat gaan Botha, De Klerk en kie nou doen? Kan hulle enigiets doen? Het die onderhandelaars van die Nasionale Party ooit daaraan gedink? Miskien moet F.W. de Klerk én Pik Botha ook hierdie vraag antwoord…

Advertisements

3 comments

  1. Suid-Afrika is ’n land van kontras. Laat ek maar my eiertjie lê: Ek dink De Klerk het nooit regtig ’n legitieme mandaad gehad om te onderhandel op die manier waarop dit het nie. Giliomee se boek ‘Die laaste Afrikanerleiers’ bewys na my mening hierdie punt.

    Die ander kant van die munt is dat dit, soos die spreekwoord lui, ‘water onderdeur die brug’ is. Gedane sake het geen keer nie. Die koeël is deur die kerk.

    Baie mense het ‘ja’ gestem in die 1992 referendum omdat die NP vir hulle belowe het dat hulle altyd Afrikaanse skole sou he en dat hulle taal en kultuur BESLIS beskerm sou word. Van baie van hierdie beloftes het peanuts gekom.

    Maar nou help dit nie meer om te baklei nie. Dis nou te laat.

    De Klerk en Botha se opmerkings word verwelkom, al is dit bietjie laat. Hulle geslag sal nie vir die gelag moet betaal nie. Dis die nuwe(r) generasies wat die gevolge moet dra.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s