Jimmy in Pienk

Die film Jimmy in Pienk het natuurlik in Suid-Afrikaanse teaters begin draai. Ek wou al die naweek gaan kyk het, maar het vandag eers daarby uitgekom. Wel, soos hulle sê liewer te laat as nooit. Suid-Afrika is ’n land wat sukkel met films. Eintlik is baie mense jaloers op die tipe stories wat ons land het om te vertel. Maar ons maak films soos Babalas, Vaatjie sien sy gat en, om alles te kroon, Bakgat 3. Dit is nou al seker die 2de keer wat ek die voorskou van Bakgat 3 gesien het, en elke keer word dit net erger. Veral daai man wat so op die wasbak sit en poep.

Nou ja, Jimmy in Pienk is nie grootste film wat ooit geskiet was nie. Maar ten minste kon ek in hierdie film darem lag, anders as in Babalas.

Ons het vroeer vanjaar vir Gys de Villiers gesien in daardie meesterstuk Verraaiers. Gys is terug in Jimmy in Pienk, maar in ’n ietwat ander gedaante. Hy speel ‘Jimmy’ (Louw Venter) se ‘verlore oom’. Na die dood van Jimmy se suksesvolle PaBoer (wat na sy dood ontmasker was as toe nie REGTIG altyd só suksesvol nie), probeer Jimmy alles in sy vermoë om die skuld wat sy pa nagelaat het te betaal, aangesien die skuldinvorderaars dreig om sy familie te vermoor.

Jimmy in Pienk is ligte komedie en is eintlik baie gesinsvriendelik. Wel, afhangend van hoe jy daarna kyk, natuurlik. Ek kan nie onthou dat daar lelik gevloek word in die film nie. Maar nou ja, vir sommige behoudende mense gaan die film natuurlik ook nie altyd ewe goed afgaan nie. Kaapstad word nie verniet die ‘pienk’ hoofstad van Suid-Afrika genoem nie. En homoseksualiteit speel, soos die titel van die film aandui, deurlopend ’n sentrale rol.

Dit is veral die karakter ‘Bunny’, soos vertolk deur die meesterlike Terence Bridgett, wie se seksualiteit deurlopend in die film figureer. Bunny word geskets in terme van sy stormagtige liefdeslewe waar hy worstel om die perfekte lewensmaat op te spoor. Tussenin beland Jimmy, wat deur Bunny afgerig moet word in die lewe van ’n haarkapper. Maar dit sukkel. In een van die meer ernstige oomblikke in die film verloor Bunny alle moed met Jimmy weens Jimmy se skynbare voorbehoude oor homoseksuele mense. Bunny gooi sy hande in die lug en verklaar moedeloos – DINK JY REGTIG HOMOSEKSUELE MENSE KIES OM SO TE WEES? Dis jammer ek kon jou buitekant verander maar nie jou binnekant nie!

Jimmy in Pienk gaan nie met alle Suid-Afrikaners akkordeer nie . . .

Maar Jimmy in Pienk is ’n film van versoening. Jimmy Bester slaag uiteindelik daarin om almal verkeerd te bewys, onder meer sy oorlede pa se vervreemde broer. Sy waardes as Boer sowel as sommige van sy vaardighede wat hy in sy wêreld as ‘primitiewe’ plaasboer ontwikkel het, soos om skape te kan skeer en om die weer korrek te kan voorspel deur aan die lug te ruik, help hom uiteindelik om sy uitdagings te kan oorkom.

Dit is nie die grootste film wat hierdie jaar verskyn het nie, maar Jimmy in Pienk is beslis ’n verfrissende film, veral gemeet teen van die films waarmee ons al gemartel is in 2013.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s