By die vrylating van ‘advokaat Barbie’

Dit is net logies dat die vrylating van ‘advokaat Barbie’ (Cezanne Visser) gemengde reaksies tot gevolg sou he. Seksmisdaad is iets wat dikwels nie hard genoeg gestraf word in Suid-Afrika nie. Visser se dade het sommige mense se lewens onherroeplik verwoes.

Ek ervaar self gemengde gevoelens oor haar vrylating. Aan die een kant voel mens sy behoort haar straf ten volle uit te dien. Aan die ander kant ontstaan die vraag – is dit nie miskien beter dat sy losgelaat word nie? In die tronk moet die staat haar onderhou. Ek is seker die gemeenskap gaan haar met valkoë dophou. Miskien is dit maar beter dat sy haar eie brood en botter gaan verdien.

Boonop moet mens haar krediet gee vir die pad wat sy besluit het om te stap. Hoewel haar dade nooit geregverdig kan word nie, was Visser duidelik ook ’n slagoffer. Sy het nie probeer vlug soos haar destydse minaar Dirk Prinsloo nie.

Maar dit sal my maar altyd pla om te weet dat mense wat aan seksmisdade (veral seksmisdade met kinders) skuldig bevind is, nou vry kan rondloop.

Ek dink Visser het die kans van ’n leeftyd gekry. Sy kan nou begin om werklik die gemeenskap te vergoed vir die vertroue wat in haar geplaas word.

Advertisements

One comment

  1. My gevoelens wil ook maar met my op hol gaan oor hierdie onderwerp. Ja, sy het haar straf gekry en uitgedien. Maar ongelukkig loop jou naam jou vooruit. Sy sal bitter bitter hard moet werk om die vertroue van die gemeenskap te kry. Dit sal baie lank vat. Vertroue moet VERDIEN word, en dis net SY en SY ALLEEN wat haarself, en haar “goeie kant” nou sal moet bewys en weer eens bewys, en veral kyk met wie sy deurmekaar raak.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s