Afrikaans en die ‘new age’

Apartheid het veroorsaak dat Suid-Afrika besonder baie geïsoleerd geword het. Een van die onderwerpe waarvan ons nog slegs maar ’n beperkte verstaan het, is die teologiese isolasie van Suid-Afrika, spesifiek van die Afrikaners. Hoe het al die jare van isolasie op ons spiritualiteit ingewerk?

Mense het nie altyd die fundamentalistiese uitkyk gehad wat ek as kind mee grootgeword het nie. Daar was wonderlike tye van groter verdraagsaamheid.

Op 14 Augustus het baie Afrikaanse mense die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners gevier. Hierdie dag staan vandag bekend as ‘koop ’n Afrikaanse boek’ dag (ongelukkig is daar in vandag se tye nog sommige predikante en mense in die kerk wat vir jou wil vertel wat om te lees en wat nie, en wat verklaar dat ‘goeie Christene’ nie hierdie of daardie boek sal lees nie). Daar is vandag nog mense wat die vraag vra, moet Afrikaans as ’n afsonderlike taal van Nederlands beskou word? Party dae voel ek ja, ander dae voel ek nee. En ander kere voel ek, wie gaan die gety kan keer? Afrikaanssprekendes voel hulself onafhankhanklik van Nederlands. Ons vier ons erfenis nie as deel van die Nederlandse erfenis nie, maar as iets afsonderlik. En tog is die feit dat ons nie meer ons Nederlandse wortels ag nie dalk een van ons grootste bedreigings in Afrikaans.

Maar ek wil nie oor Afrikaans en Nederlands spesifiek praat nie. Ek wil praat oor God. Dis net dat daar verbande is. Soos wat ons in Suid-Afrika afgestomp geword het van Nederland op taalgebied, so was dit ook met God. Ons het in ons eie apartheidskokon begin lewe. En tog was ons voorgangers, die sogenaamde ‘stigters’ van Afrikaans, dalk baie meer verligte mense as wat ons self ooit was.

Ek wil verwys na iets wat die mense van die Genootskap self geskryf het. ’n Gedeelte uit ’n stuk getiteld ‘Di Afrikaanse Folksliid’:

“Want al di nasiis het één God.
Hy regel ider folk syn lot;
Hy het fer ider folk syn taal,
Syn land, syn reg, syn tyd bepaal.”*

Al die nasies het één God. Regtig? Lees ek korrek hier? Dit is nie hoe ek geleer was nie. Ek is geleer daar is verskillende mense. En hulle aanbid verskillende gode. Maar nou, volgens die mense van die Genootskap, is alle volke maar uitgelewer aan die wil van een God. En dit is asof daar hier gesê word dat God verskillende gedaantes het. God kom na ons op verskillende maniere. God maak mense verskillend, maar alle dinge is van God, ook dít wat in ons oë dalk ongoddelik is, is waarskynlik van God.

Daar moet dus verskillende paaie na God wees. Toe ek ’n kind was, was hierdie dinge genoem die ‘new age’. Dit was beskou as maar net nog ’n variasie van Satanisme en as jy te veel rockmusiek gaan luister dan gaan jy totaal verswelg word en verdwyn in hierdie afgrond in. Maar, voila!, daar het jy dit! In die woorde van die Genootskappers – God het vele voorkomste. Mense verskil maar God is in ons almal. God is die God van verskille . . .

Uit: Groot Verseboek 2000, Kaapstad, 2000, p. 7.

Advertisements

One comment

  1. Barend,daar is net een God en daar is nie verskillende paaie na God nie.Daar is net EEN pad.God het wel verskillende volke daargestel en daarom is daar ook n volk soos die Afrikaner.Die Afrikaner moet dus ook besef hy kan ook nie net op homself staatmaak nie,maar moet op God staatmaak,juis omdat ons maar net mense is.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s