Lesersartikel: Huidige regstellende-aksie-beleid werk nie

Ontneem regstellende aksie die reg op werk?
Ontneem regstellende aksie die reg op werk?

Regstellende aksie soos tans in Suid-Afrika toegepas word, werk nie. Daar word selfs gesê dat swart mense benadeel word; wat natuurlik nie korrek is nie. Swart mense word juis bevoordeel deur regstellende aksie, terwyl blankes die groep is wat benadeel word. Blanke persone, veral Afrikaners, sukkel om werk te kry, juis omdat swart mense voorkeur kry vir poste.

Baie poste bly vakant, omdat geen geskikte swart kandidaat gevind kon word nie, alhoewel daar wel geskikte blanke kandidate beskikbaar was. Waar blankes wel nog werk het, word hul oor die hoof gesien as dit by bevorderings kom. Duisende het al na die buiteland uitgewyk omdat hul nie werk kry in hul geboorteland, Suid-Afrika, nie.

Daar is dus besig om ‘n nuwe benadeelde groep te ontstaan, nl die blanke. Daar is ‘n oorverteenwoordiging van swartmense in poste,  terwyl daar by die blanke ‘n onderverteenwoordiging is. Selfs bruin mense en Indiërs begin deesdae probleme ondervind met regstellende aksie en voel ook dat daar teen hul gediskrimineer word.

Feit van die saak is dat regstellende aksie sy doel bereik het en nou geskrap moet word. Daar moet nou gekyk word dat die bes geskikte persoon aangestel word in ‘n pos. As regstellende aksie sou voortgaan soos dit nou toegepas word, gaan dit niks anders as rassediskriminasie wees nie.

En die land se ekonomie gaan uiteindelik daaronder ly, omdat die beste persone nie aangestel gaan word in poste nie.

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

  1. Die argument dat swart mense benadeel word deur regstellende aksie maak baie sin vir my.
    Terwyl ‘n klein minderheid swart mense bevoordeel word, word die hele ekonomie benadeel, en dit verhinder ‘n baie groot toetrede van swart mense uit arm gemeenskappe tot die formele ekonomie.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s