Lesersartikel: Wat van selfbeskikking vir die Afrikaner?

Soos ons weet maak die grondwet voorsiening vir selfbeskikking, nie net vir die Afrikaner nie, maar enige groep of volk wat dit wil toepas. Die vraag is natuurlik of die Afrikaner daarvan gebruik wil maak al dan nie. Die Afrikaner is gestroop van sy politieke mag en het feitlik geen sê oor sy eie sake nie.

Wie kyk na die Afrikaner se monumente of die begraafplase waar Boerekrygers van die Anglo-Boereoorlog begrawe lê? Wat van onderwys waar die Afrikaner geen sê meer het oor wat aan die kinders geleer word nie?

Die geskiedenis van die Afrikaner word ignoreer en jong Afrikaners weet niks meer van hul verlede af nie. Al wat hul hoor is hoe sleg Apartheid was en dies meer. Wat van die Afrikaanse taal wat al hoe meer onder druk kom of Afrikaanse dorp- en straatname wat voor die voet verander word, veral as dit verwys na ‘n Afrikanerfiguur uit die vorige bedeling? Waarom is Rhodes Universiteit se naam nog nie verander nie? Cecil John Rhodes was ‘n Britse imperialis,maar niemand kla dat sy naam voortleef by ‘n universiteit nie.

Verder kan ons kyk na regstellende aksie wat n groot rol daarin speel dat blankes nie werk kry nie, met spesifieke verwysing na die Afrikaner. Hoeveel arm, werklose Afrikaners is daarbuite? Hoeveel duisende Afrikaners het hul heil in die buiteland gaan soek omdat hul soos tweedeklas burgers in hul eie land behandel word?

Die Afrikaner het nog tyd en die geleentheid om iets aan die saak te doen en die voorhandliggende oplossing aan te gryp, nl. selfbeskikking. Soos alreeds gesê, is selfbeskikking ingeskryf in die grondwet en daar kan gerus gekyk word na artikel 235 wat handel oor selfbeskikking. Vir eers kan daar begin met kulturele selfbeskikking en later kan beweeg word na territoriale selfbeskikking, wat natuurlik n langtermyn proses is.

Feit is, die Afrikaner sal sy reg op selfbeskikking moet begin opeis, want niemand anders gaan dit vir hom doen nie. Die vraag is hoe voel Afrikaners oor die saak van selfbeskikking?

Hierdie artikel is geskryf deur Frik Lotz. As u ook ‘n artikel op ons webwerf wil publiseer, gaan na ‘laai jou artikel‘.

Advertisements

2 comments

  1. Frik, ek weet nie of daar so iets soos selfbeskikking kan wees nie, maar ten minste kan jy daaroor kan skryf sonder die knaende raice-baiting van ‘n Dan Roodt.
    As julle meer simpatie vir selfbeskikking wil verwerf (in die wereld, in SA en onder Afrikaners self), moet julle (soos die Oraniers reeds doen), ‘n baie groot afstand kry tussen wat julle sê en doen, en Dan se haatgedrewe nonsens.

    My raaiskoot is dat ‘n groot meerderheid Afrikaners nie deur sinistere rasbeheptes regeer wil word nie, al is daardie persone Afrikaners.

  2. Hoe voel Afrikaners oor selfbeskiking? Daar is ‘n spreekwoord in Afrikaans, die leegste blikke maak die grootste lawaai. Baie mense praat selfbeskikking maar sal dit nooit bereik nie omdat hulle nie glo in eie arbeid nie. Hulle wil eintlik net weer ‘baas’ genoem word.

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s