Soek vir die gemiddelde Afrikaner!

Op Maroela Media woed tans ’n debat oor wie Die Afrikaner is. Verskillende skrywers in die debat laat hul lig skyn op die vraag “wie is Die Afrikaner”. Vooraanstaande Afrikaners soos Flip Buys, Steve Hofmeyr en Piet Croucamp laat sommige lesers stoom.

Feit is dat sommige Afrikaners hul volk nogal klein definieer. As “Die Afrikaner” sou slegs wit wees, slegs die Bybel en die Gelofte glo, Afrikaans praat en in Afrika gebore wees. Jammer, maar dan is dr. Verwoerd ook geen Afrikaner nie. Verwoerd is in Amsterdam (Nederland) gebore en sy moedertaal was Nederlands.

In daardie land het die identiteitsdebat ook sy lopie gehad, nadat Koningin Máxima (toe nog prinses) in 2007 gesê het sy weet nie of DIE Nederlander bestaan nie. Die algemene definisie van die Nederlander is “die persone wat op Koningsdag of tydens nasionale sportwedstryde oranje dra”. Sommige mense, politici, het geprobeer om die Nederlander te definieer as “die persone wat ’n produk is van ’n samelewing wat voortspruit uit ’n Christelik-Joodse tradisie”. Terwyl Nederland voor  die Indonesiese afskeiding in 1949 vir meer as 350 jaar lank die grootste moslimland in die wêreld was.

Om probleme in die Nederlandse debat te vermy, het ons op ’n stadium gekyk na die verskille tussen Vlaminge, Nederlanders en Friese. Moeilik. Die konklusie was dat na 500 jaar die land nog altyd bestaan uit Brabanders, Seeue, Hollanders, Friese ens. Soos in die tyd van die Hollandse Republiek (1588-1795). Op sommige vlakke kom ek as Stellingwerwer meer ooreen met Friese as daai arrogante Hollanders. Ons hou nogal daarvan om daai Hollanders te bash.

Steve Hofmeyr het regtig enkele baie goeie stellings in die Afrikanerdebat gemaak. Die belangrikste wat hy gesê het, is:

“As alle definiëring inklusief moes wees sou dit ook die einde wees van definisies as sodanig.”

Maar oor die Afrikanerdefinisie skryf hy ook:

“Saamwerk, saamstaan en eenheid is ʼn hersenskim, omdat die reg om nie te wil behoort nie so fundamenteel is as die reg om te wil assosieer. Om enigiets anders af te dwing, is sosiale ingenieurswese en oukerkse fascisme.”

Gevolglik kan ‘n mens kan nie sê dat “Die Afrikaner presies so lyk” nie. Elke persoon is uniek. Jy dra ’n blou hemp, maar die ou waarmee jy saamwerk, ’n groen een. Die een het ’n lang neus, die ander ’n kort een. Jy lees dalk elke dag die Bybel, jou buurvou dalk 50 Kleure Grys (50 Shades of Grey). Maar julle kan almal Afrikaners wees.

Maar soos Steve Hofmeyr sê, is die sin van die definisie dat dit beperk, eksklusief is. Die grense bly egter vaag. Elke persoon het reg om hom met ’n definisie te vereenselwig. ’n Mens moet onthou dat die definisie van ’n volk nie dieselfde is as die definisie van politieke groeperings nie. Die meeste Afrikaners stem DA, maar dit maak Die Afrikaner nie ’n DA-aanhanger nie. Omdat elke persoon uniek is, sal elke Afrikaner ’n ander definisie hê van die Afrikanerskap. Ook al is jy ’n Afrikaner, jy kan nie vir enigiemand ander wys hoe ’n Afrikaner presies lyk nie, want Die Afrikaner bestaan nie.

Ek gaan my as Nederlander (geen Hollander nie!) nie eers waag om die vraag “Wie is ’n Afrikaner” te antwoord nie. Ek is geen Afrikaner nie. Maar my regering se standpunte van 1949 en 1952 was duidelik.

Ek wil net hierdie wenk gee: Die Afrikaner bestaan nie. Soek na ’n realistiese gemiddelde Afrikaner, sodat dit ook randfigure soos Verwoerd en Croucamp insluit. Want elke volk het maar sy omstrede lede.

En – elkeen wat ’n mening oor die definisie van die woord “Afrikaner” het, is ‘n Afrikaner. Want in elke gesin is daar onenigheid.

Advertisements

9 comments

  1. Met ‘n meer inklusiewe benadering wen Anglo SA die land, terwyl Afrikaners, Zulus, Xhosas en die res dit verloor . Ek wens Afrikaners wil eerder na prof Wannie as na Steve luister.

  2. Hoe kan enigiemand sê die Afrikaner bestaan nie? Die Afrikaner het dan sy eie Boere-republieke gehad.Die Afrikaner is n inheemse volk van Afrika,die wit stam van Afrika.Mens kan sê die Afrikaner is n wit Afrikaan,nes die Zoeloe,Xhosa,Sotho en dies meer swart volke is.Daar is niks rassisties daaraan nie,dis net n doodnormale natuurlike verskynsel.Natuurlik is nie al die blankes wat in Suid-Afrika bly Afrikaners nie,dis logies,maar daar is baie wat hul vereenselwig met die Afrikaner en sy strewes.Verder praat die Afrikaner Afrikaans,maar onthou dat nie almal wat Afrikaans praat Afrikaners is nie.Seer sekerlik is nie almal wat Spaans praat Spanjaarde nie,of hoe? Die Afrikaner het ook n eie unieke kultuur,geskiedenis en tradisies.Die Afrikaner is van Afrika en as Arabiere n plek het in Afrika,dan het die Afrikaner mos ook n plek.Die Afrikaner het geen ander tuiste as Suid Afrika nie,dis sy woonplek.Nou ja,dis maar n beskrywing van wat n Afrikaner is.In elk geval,die Afrikaner weet wie hy is.Ek ook,want ek is n trotse Afrikaner!

    • Wat ek bedoel is dat die stereotipe Afrikaner nie bestaan nie. Jy kan sekere eieskappe van die gemiddelde Afrikaner noem. Die vraag is egter hoever ‘n mens daarin kan gaan. Dra die gemiddelde Afrikaner altyd khaki/grys-klere, lang kouse en swart skoene? Woon hy altyd op ‘n plaas. Die antwoord is direk en sonder twyfel nee. Die vraag wat ek opwerp is “hoe kan jy ‘n volk definieer sonder sy eie minderhede (gestremdes, gays ens.), diversiteit (links, regs ens.) en verskillende politieke opvattings uit te sluit.”

      Die definisie van ‘n volk behoort eksklusief én inklusief te wees. En dit maak die grense vaag. As die definisie net eksklusief is, is dit nie ‘n definisie van ‘n volk nie, maar eerder van ‘n vereniging, groep of enigiets.

  3. Mense hou hulle besig met snert, of bloot om te debateer omdat hulle te veel tyd het vir redekawel.

    Daar is baie belangriker sake om oor te besin as oor die definisie van wie ‘n afrikaner is of wil wees of mag wees. Ek is ‘n afrikaner en enigeen wat hom of haar as afrikaner ag behoort daardie naambord te mag dra. Hoe moeilik is dit om te verstaan?

    Gebruik eerder al daardie oorbodige energie om ‘n oplossing te vind oor hoe om die blanke minderheid se marginalisering te stop sodat daar wel ‘n toekoms is vir my en jou en al die blankes in hierdie land se kinders en hulle kinders.

    Weet julle hoeveel jong blanke kinders in die buiteland ‘n heenkome moet gaan soek? Besin eerder oor maniere hoe ons al daardie pragtige kindertjies kan huis toe bring en hier aan hulle ‘n toekoms kan bied.

    Besin eerder hoe kan werk geskep word vir al die werklose blankes.

    Besin eerder hoe om ‘n blanke volk wat floreer op negatiewe propaganda se koppe kan draai om eerder positief te wees, al is dit net vir hulle kinders se onthalwe.

  4. Ek verkies die woord Boer. My oupagrootjies het geveg in die Anglo-Boereoorlog. Ons taal, Afrikaans, was lank die taal van onderdrukking en was genoem – seBuru, ons het bekendgestaan as die maBuru. En in die haatliedere word daar nog gesing van ‘skiet die Boere’.

    Maar ongelukkig pas ek nie perfek in die prentjie nie. Byvoorbeeld ek is nie regtig ‘n Christen volgens baie mense in die kerk nie.

    ‘n Mens besluit selde wie en wat jy is. Die gemeenskap bepaal dit.

  5. Dat die skrywer van hierdie artikel vir dr. Verwoerd as ‘n Afrikaner-randfiguur kan beskou, is skokkende misleiding en oningeligtheid. Dr. Verwoerd was die Alpha-Afrikaner, die Afrikaner-vaderfiguur, die Afrikaner-sentrum! Hy was naas pres. Paul Kruger (wat ‘n Boer was) sekerlik die bekendste en beminste Afrikaner onder sy tydgenote – swart en wit! Dis die liberale Afrikaners en hensoppers wat – saam met die kommunis – dr. Verwoerd se nalatenskap probeer swart smeer. Prof. Croukamp daarenteen, is ‘n tipiese Afrikaner-randfiguur en Boerehater wat die ANC/SAKP-regime probeer legimiteer en wat die Afrikaner se legitieme vryheidseis ontken!

    • Die skrywer vat volledige verantwoordelikheid vir die verskaffing van die regte feite oor Verwoerd in hierdie artikel. Verwoerd is in 1902 in Amsterdam, Nederland gebore.

      Ja, Verwoerd is ‘n Afrikanerleier in die apartheid-tradisie, nes Malan, Vorster en Botha. Maar is hy daarmee ‘n volledige Afrikaner? Die feit is dat hy is nie in Afrika gebore nie en Nederlands as moedertaal gehad het. Maar enigeen weet ook dat Kruger, Smuts en Malan se moedertaal Nederlands was en geen Afrikaans nie – verseker nie toe Smuts en Malan in die 1870s in die Nederlandssprekende Wes-Kaap gebore is nie. Alle Afrikaner-leiers wat voor sê, 1910 gebore is, het ook Nederlands gepraat. As u die dagboek van Jan Smuts lees, sal u sien hoe sy skrif na die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) stadig in Afrikaans verander.

      Ek weet nie wanneer u gebore is, maar as dit voor 1983 was, kan ek sê u moedertaal is ook Nederlands. Verskillende wette (nr 8 van 1925) van die Unie van Suid-Afrika en ook die grondwet van 1961 (artikel 119) van die Republiek het bepaal dat Afrikaans en Nederlands een en dieselfde taal is. Die sinoniem-bepaling is in 1984 geskrap toe Suid-Afrika weens die internasionale boikot teen apartheid nie kon deelneem in die Nederlandse Taalunie (gestig in 1980) nie.

      Moenie u teveel laat lei deur die vorming van mites tydens die NP se regeringsjare nie. 😉

      • Dankie vir jou antwoord. Ek glo nie daar bestaan iets soos ‘n “volledige” Afrikaner nie. Probeer jy die saak uitmaak dat ‘n “volledige” Afrikaner in Suid-Afrika gebore moes wees? Is ‘n Afrikaner wat emmigreer, nie meer ‘n volledige Afrikaner nie? Kan ‘n persoon wat uit die buiteland hierheen verhuis, en ons taal, kultuur en geskiedenis sy eie maak, nooit ‘n volledige Afrikaner wees nie?

        Die persone wat uit die Britse Kaapkolonie en vanaf Europa na die Boererepublieke verhuis en deur middel van tydsverloop, assosiasie en krygsdiens burgerskap bekom het, was nie noodwendig minder Boer as die Boere wat in die ZAR/OVS gebore is nie. Inteendeel, baie van hierdie inkommers was uiters lojale Boere en baie Bittereinders het onder hule getel.

        Is ‘n nasionalistiese Afrikaner soos adv. Strijdom dalk ‘n minder volledige Afrikaner as byv. ‘n liberale Afrikaner soos FW De Klerk of Beyers Naude?

        Ek verkies vandag eerder steeds die term Boer..

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s