Gehate kwotastelsel maak terugkeer

Dit gons omtrent nadat dit aan die lig gekom het dat die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) nou nuwe ‘kwota’ regulasies wil implementeer gedurende die 2014 Vodacombeker. Ingevolge die regulasies moet al die deelnemende rugbyspanne ten minste 7 swart spelers per groep van 22 bevat spelers bevat. Ten minste 5 van die 7 moet deel vorm van die beginspan en verder moet ten minste 2 van die 7 spelers voorspelers wees.

Dit is natuurlik nie die eerste keer dat die ‘kwotasisteem’ deel van ons sport word nie. Eintlik is kwotas nie deel van sport in Suid-Afrika nie, dit word uitsluitlik toegepas op rugby. In die verlede het die ‘kwotasisteem’ natuurlik liederlik misluk, met baie spelers wat met ’n gevoel van minderwaardigheid gelaat was, omdat hulle as ‘kwotas’ beskou was en nie as merietespelers nie. Die nuwe regulasies is maar net weer ’n dobbelspel. Daar is geen waarborg dat hierdie regulasies gaan veroorsaak dat daar meer swartmense in ons nasionale span sal speel nie.

Miskien is die hele storie maar net nog ’n stuk windowdressing.

Een van die vorige pogings om die Springbokspan meer verteenwoordigend te maak, was om die ‘bruin’ afrigter Peter de Villiers aan te stel. De Villiers, ’n openlike aanhanger van die African National Congress, is in 2008 verkies bo huidige Bok afrigter Heyneke Meyer. Voor sy aanstelling het De Villiers graag vertel hoeveel spelers van kleur hy sal kies – iets wat nooit realiseer het toe hy die pos as afrigter gekry het nie.

Inteendeel, wat het De Villiers gaan doen? Hy het spelers gekies van wie hy hou eerder as om die beste spelers te kies. In die proses het hy ’n ongesonde voorliefde vir die destydse kaptein John Smit, wat nie eens sy eie provinsie se eerste keuse hakker meer was nie, ontwikkel.

Is dit nie maar hoe dit in AL ons sport gaan in Suid-Afrika nie? Daar was net anderdag gespog oor die groot aantal Bokke van een skool (Grey College), wat saam in ’n toets vir die Springbokke gespeel het. Ek dink die getal was 7. In krieket werk dit ook maar so. Daar is ’n sekere groep uitgelese skole waaruit amper al ons land se krieketspelers kom. En om van sokker nie eens te praat nie. Hier in Bloemfontein is daar ’n klub, die Bloemfontein Celtics. Baie van hulle ondersteuners weier om Bafana Bafana te ondersteun omdat die nasionale span se mense neerkyk op die Celtics en op Bloemfontein en hulle as ‘farm people’ etiketteer.

Ek weet nie presies mooi wat om van SARU se nuutste skuif te dink nie. Maar ek is beslis skepties. Ek glo nie dit gaan rugby meer ‘verteenwoordigend’ maak nie. Dit gaan veel eerder ’n uittog van jong talent veroorsaak, wat die sport in chaos kan dompel. As die standaard van die Vodacombeker gaan verlaag gaan dit immers die Curriebeker beïnvloed, wat op sy beurt weer die Superreeks gaan beïnvloed en uiteindelik die Springbokspan. Die gevolge van hierdie besluit gaan beslis nie volgende jaar al wys nie. Dit kan langtermynskade maak wat die volgende generasie sportadministrateurs sal moet uitsorteer.

Advertisements

Gee kommentaar!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s