Dit is die amptelike bekendstelling van die Afrikaanse opinieplatform! Dit is ‘n fonkelnuwe tuiste vir Afrikaanse opinies, herstel: ALLE Afrikaanse opinies.
Nadat Nuus24 gesluit het, is daar groot moeilikheid vir skrywers wat oor serieuse onderwerpe wil skryf. Daarom is vandag die Afrikaanse opinieplatform gelanseer.
Ons wil ‘n hoë mate van toeganklikheid bied vir skrywers én lesers. Ons wil in kuberomgewing met respek met mekaar debatteer oor tal van kwessies.
Ook jy is genooi om te skryf. Kontak ons via Twitter of e-pos. Artikels kan ook direk na afrikaanseopinie [@] gmail [.] com gestuur word. Dit kan verseker ‘n moontlikheid wees as byvoorbeeld een van ons skrywers ‘n artikel geskryf het, waar jy glad nie mee saamstem nie. As jy ‘n goeie inhoudelike reaksie na ons e-pos, sal ons dit op die webwerf plaas.
Maar ook jy kan ‘n vaste skrywer wees. Stuur jou aanmelding na ons e-posadres: afrikaanseopinie [@] gmail [.] com en jy sal hoor!
Dit is op Die Nederlandse siening herblogden reageerde:
Ook ek sal in die toekoms – saam met ander skrywers – hier gaan blog! #Opgewonde
serieuse onderwerpe?
Oor politiek, kultuur, taal, die nuus, resensies ens. Solank dit maar enige mening of standpunt bevat.
Lol, ja ek het dit. Wat ek nie verstaan nie is waarom ernstige naspers opinie skrywers dan nou sukkel nie. ʼn Nuusblad soos Praag bars uit sy nate, en daar is ook ander nuwe Afrikaanse nuusblaaie, ek bedoel sekerlik doen hulle dan iets verkeerds.
Ons is nie Naspers-opinieskrywers nie. Ons is slagoffers van die Naspersbesluit om Nuus24 toe te maak, want ons het op Nuus24 se webwerf geblog as Nuus24-lesers.
Ek vra dan onverskoning, die misverstand is volkome myne.
Praag is nie ‘n nuusblad nie, dis Dan Roodt se white supremacist blog. Die meeste Afrikaners sal nie daar tuis voel nie.
En dan is daar natuurlik Maroela Media, wat ‘n heerlike saamgesels-plek in Afrikaans is… Heelwat ernstige Afrikaanse meningsvormers wat daar aan gesprekke deelneem.
Jy is reg, maar Maroela Media se meningsvormers is mense wat reeds belangrike posisies aan universiteite, in die howe of by Solidariteit beklee. Dus, om daar ‘n meningsvormer te kan wees, moet jy reeds iets in die lewe bereik het. Die Afrikaanse opinieplatform kyk eerder na die mening as na wat jy reeds bereik het. Jan Alleman kan op hierdie opinieplatform dus ook ‘n meningsvormer wees as hy wil, want ook Jan Alleman het reg om te skryf.
Alleman,Praag is n puik webwerf met goeie en insiggewende artikels.Dan Roodt is ook nie rassisties nie,net n trotse Afrikaner wat omgee vir sy mense en die Afrikaanse taal.
Frik Lotz NATUURLIK gaan jy nie gemaklik voel met wat hier aangaan nie. Ek verwys na jou kommentaar op die plasing ‘Soek vir die gemiddelde Afrikaner!’. Jy voel Afrikaners moet wit wees. Dit is daarom geen verassing dat jy meer tuis gaan voel by die Pro-wit Afrikaanse Dan Roodt groep nie. Want julle wil mos Afrikaans kolonialiseer tot ’n witmanstaal. Die meeste sprekers van die Afrikaanse taal is in der waarheid nie wit nie.
Ek het ook eens gebolg op NASPERS se blaaie. Nie omdat ek vir hulle gewerk het nie. Ek is net meer tuis daar gewees as wat ek op ander webwerwe is.
Ek is dankbaar vir hierdie nuwe platform en hoop dit sal van krag tot krag gaan en dat ons mekaar sal verryk met idees en mekaar se opinies veral persoon sal respekteer.
Ek wil net verder klassifiseer om misverstand te voorkom: Ek het nooit vir enige mediagroep gewerk nie.